top of page

Sondag 23 Maart

Sunday 23 March

​

AGTERSTEVOOR / Exodus 14: 19-31 / BACK TO FRONT

Hierdie is een van die bekendste stories in geskiedenis en die fondasie waarop talle preke al gebou was. Ek wil hê jy moet jouself op die toneel plaas vanoggend en ek wil hê jy moet iets raaksien wat ons nie al baie van gehoor het nie / This is one of the most known stories in history and the foundation upon which many sermons have been built. I want you to place yourself on the scene this morning and I want you to see something that we have not heard of much.   

Exodus 13: 21-22: “En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek. Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.”

Exodus 13: 21-22: “By day the Lord went ahead of them in a pillar of cloud to guide them on their way and by night in a pillar of fire to give them light, so that they could travel by day or night. Neither the pillar of cloud by day nor the pillar of fire by night left its place in front of the people.”

​

  • Toe God hulle uit Egipte lei, het Hy saam met hulle getrek, IN ‘n wolk en IN ‘n vuurkolom. Hy het VOOR hulle uit getrek. Waar God ons lei gaan Hy saam, maar waar ons op ons eie gaan het ons nie hierdie waarborg nie.

  • When God led the people out of Egypt, He went with them, IN a pillar of cloud and IN a pillar of fire. He went AHEAD of them. Where God leads us, He goes with us, but if we move on our own, we don’t have this assurance. 

 

Numeri 14: 42: “Moenie optrek nie, want die HERE is nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.”

Numbers 14: 42: “Do not go up, because the Lord is not with you. You will be defeated by your enemies...”

​

  • Solank as wat God ons lei, lewe ons in oorwinning, maar as jy op jou eie gaan dan loop jy die risiko om verslaan te word. Net omdat jy dink als gaan goed beteken nie dit gaan goed nie en beteken dit nie die Here is met jou nie. Die volk was op die berg voordat hulle die beloofde land wou ingaan maar hulle was daar verslaan en verstrooi. Hoeveel mense het nie op die hoogtepunt van hul loopbaan of hul lewe, verwoesting ervaar nie. Moenie dink omdat jy op die berg is en nie in die vallei is nie, dat jy nie meer God nodig het nie. Jy het God op die berg selfs meer nodig want die afkom grond toe is baie verder. Maar terug by ons storie…

  • As long as God leads us, we live in victory, but if we go on our own, we run the risk of being defeated. Just because everything seems to be going well, does not mean things are well and does not mean God is with you. The people were on the mountain before they wanted to enter the promised land, but it was there that they were defeated. How many people, at the height of their career or life, did not experience destruction? Don’t think because you’re on the mountain and not in the valley that you don’t need God anymore. You need God on the mountain even more because the fall down is much further and harder. But back to our story…

 

Exodus 14: 19-20: “En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.”

Exodus 14: 19-20: “Then the angel of God, who had been traveling in front of Israel’s army, withdrew and went behind them. The pillar of cloud also moved from in front and stood behind them, coming between the armies of Egypt and Israel. Throughout the night the cloud brought darkness to the one side and light to the other side; so, neither went near the other all night long.”

​

  • Die wolkkolom het van posisie verander, van voor waar die Here hulle gelei het na agter waar die Here hulle beskerm het en dit het agter hulle gebly in die nag, NIE die vuurkolom nie. Daar is tye wat jy vorentoe kyk en nie kan sien waar God is of waarmee Hy besig is nie, maar ek wil vanoggend vir jou sê, as jy Hom volg, dat Hy jou nie verlaat het nie, Hy het net van posisie verander. As jy vorentoe kyk en nie God se leiding kan sien nie, weet Hy is agter jou besig om jou te beskerm teen die vyand. Halleluja!

  • The pillar of cloud changed position, from in front where God was leading them, to behind where God was protecting them. It stayed behind them during the night, not the pillar of fire. There are times you look ahead and cannot see God or what is busy with in your life, but I want to tell you this morning, if you follow Him, that He didn’t leave you, He only changed position. If you’re looking ahead and cannot see God’s guidance, know He is behind you busy protecting you against the enemy. Halleluja!

 

Exodus 14: 21: “Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur ’n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.”

Exodus 14: 21: “Then Moses stretched out his hand over the sea, and all that night the Lord drove the sea back with a strong east wind and turned it into dry land. The waters were divided...”

​

  • Wanneer het God die uitweg gebring? Gedurende die NAG…in die duisternis…in die donkerte…dit is wanneer die wolkkolom die helderste geskyn het (donker aan een kant en lig aan die ander), dit is wanneer God op Sy beste in ons lewens is, in die moeilikste tye…in die swaarste tye…in die onsekerste tye…in die vreesagtigste tye… die hele nag deur…vers 20 & 21. Die Here sal die heelpad met ons wees, die hele nag deur.

  • When did God bring the way out? During the NIGHT…during the darkness…that is when the pillar of cloud shined brightest, that is when God is at His best in our lives, in the most difficult times…in the heaviest times…in the unsure times…the most fearful times… all night…verse 20 & 21. The Lord will be with us all the way, the whole night through.

  • Die Here sal ons in die midde van die waters deurvat, in die midde van die vure – ONTHOU!

  • The Lord will lead us through the middle of the waters, through the middle of the fires – REMEMBER!

 

Jesaja 43: 1-7: “MAAR nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.”

 

Isaiah 43: 1-7: “But now, this is what the Lord says—he who created you, Jacob, he who formed you, Israel: “Do not fear, for I have redeemed you; I have summoned you by name; you are mine. When you pass through the waters, I will be with you; and when you pass through the rivers, they will not sweep over you. When you walk through the fire, you will not be burned; the flames will not set you ablaze. For I am the Lord your God, the Holy One of Israel, your Saviour; I give Egypt for your ransom, Cush and Seba in your stead. Since you are precious and honoured in my sight, and because I love you, I will give people in exchange for you, nations in exchange for your life. Do not be afraid, for I am with you; I will bring your children from the east and gather you from the west. I will say to the north, ‘Give them up!’ and to the south, ‘Do not hold them back.’ Bring my sons from afar and my daughters from the ends of the earth— everyone who is called by my name, whom I created for my glory, whom I formed and made.”

​

  • Die tyd is NOU om uit te kom…die tyd is NOU om agter te los…die tyd is NOU om te besluit…NOU is die dag van oorwinning…NOU is die dag van deurbraak…NOU is die dag van hoop…en as jy bekommerd is weet – die Here is voor en agter…

  • The time is NOW to come out…the time is NOW to leave behind…the time is NOW to decide…NOW is the day of victory…NOW is the day of breakthrough…NOW is the day of hope…and if you’re worried then know – the Lord is in front and behind…

 

Jesaja 52: 11-12: “Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die HERE! Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die HERE trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.”

Isaiah 52: 11-12: “Depart, depart, go out from there! Touch no unclean thing! Come out from it and be pure, you who carry the articles of the Lord’s house.  But you will not leave in haste or go in flight; for the Lord will go before you, the God of Israel will be your rear guard.”

​

Seeninge! Blessings!

​

​

kroonstad volle evangelie kerk

+27 76 533 4642

kroonstadvek@gmail.com

​

Hoek van Moll & Symond Straat

Kroonstad

  • Facebook Social Icon

Success! Message received.

@2016 deur Kroonstad VEK geskep met wix.com

bottom of page