top of page

HoE JY KAN BYDRAE EN ONS GEMEENTE KAN ONDERSTEUN

Die visie van ons gemeente word mooi saamgevat in die woorde van die Here Jesus in Mattheus 28:19:

 

“Gaan dan heen, maak DISSIPELS van al die nasies, en DOOP hul in die naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en LEER hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

 

ʼn Belangrike implikasie van hierdie opdrag is dat ons doelwitte nooit selfgesentreerd mag wees nie – ons is nie gered of in hierdie gemeente geplaas om maar net heerlike tye in die Here te geniet nie.  NEE ! Ons strewe moet wees om uit te reik en die goeie waarmee ons geseën is, ook met ander te deel. Dit beteken dat die finansies waarmee ons toevertrou word, nie net aangewend word vir gemeentelike behoeftes nie, maar voorsiening moet gemaak word vir:

 

  • evangelisasie

  • sending

  • lering en toerusting van die gelowiges

  • barmhartigheidsdiens

 

In die praktyk bring dit mee dat enige verdere invertering in infrastruktuur slegs geregverdig kan word indien dit die vermoë van die Gemeente om uitvoering aan hierdie roeping te gee, verhoog.  Die finansiële bestuur van die Gemeente moet sodanig geskied dat ʼn gesonde BALANS tussen die BEHOEFTES en die VISIE van die Gemeente gehandhaaf word.

 

Enige uitgawe, hoe groot of klein ook al, moet altyd getoets word ten einde te verseker dat by die doelwitte en visie

van die gemeente gehou word ! Dankie vir u bydraes en ondersteuning! Ons waardeer dit!

Wyses waarby jy kan bydra:

In

Persoon

Elke week ontvang ons die geleentheid om persoonlik te kan bydrae wanneer ons saamkom as Gemeente. Besoek ons gerus en maak ook gebruik van ons koeverte as u vir n spesifieke doel wil gee. Kwitansies kan ook beskikbaar gemaak word as u verkies. baie dankie vir u bydra!

BY

E-pos

U kan ook vir ons verwittig van u belangstelling om tot n spesifieke saak by te dra deur ons n e-pos te stuur met die besonderhede. Alle bydraes word ge-oormerk vir die doel waartoe dit begedra is en bydraes kan ook vertrouklik hanteer word as u dit verkies. Ons e-pos adres is onder aan die bladsy beskikbaar. Baie dankie!

aanlyn

Bydraes aanlyn word ook verwelkom en help ons om ook bank kostes te bespaar as Gemeente. Indien u hierby wil baat en enige aanlyn bydraes maak, gebruik asseblief die volgende bank besonderhede: 

Volle Evangelie Kerk Kroonstad

Absa Bank ~ Takkode: 632005

Rekeningnommer: 4054148901

kroonstad volle evangelie kerk

+27 76 533 4642

kroonstadvek@gmail.com

​

Hoek van Moll & Symond Straat

Kroonstad

  • Facebook Social Icon

Success! Message received.

@2016 deur Kroonstad VEK geskep met wix.com

bottom of page